
Frederik & Marizanne Wedding | De Eike
Frederik & Marizanne het die knoop deurgehak by De Eike op Rawsonville in die pragtigste buite seremonie. Ek moes so bietjie agter my kamera wegkruip my trane weg te steek in die seremonie! Ek is absoluut verlief op hulle pragtige dekor en kooek met twee loeries op! Hulle wou ‘n duifie loslaat maar toe hy uiteindelik uit die hok uit is, het jy besluit om net daar te bly sit op Frederik se hand. Hulle liefde vir mekaar wys in elke liewe foto. Baie dankie dat ek kon deel wees van julle ongelooflike mooi dag!