
Francois & Liesl Couple Shoot | Kalkbaai
Dit was so lekker om vroegoggend die tweetjies af te neem in Kalkbaai terwyl die son opkom! Ek het Francois & Liesl se matriekafskeid drie jaar terug afgeneem en Liesl het intussen my assistent geword vir troues. Ek se nou nogĀ dat die twee moet gaan model speel want sherbet, hulle is mooi!! Ek loooooove sonsopkoms shoots by die see en hierdie was defnitief een van die hoogtepunte van my shoots die jaar.